sk09010muffins02
Gebak

Bar One-muffins

24 klein muffins

  • 240 g (430 ml) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 40 g (50 ml) suiker
  • 1 eier, geklits
  • 2 ml vanieljegeursel
  • 225 ml melk
  • 50 ml gesmelte botter
  • 100 g Bar One-sjokolade gekap

Verhit oond tot 220 °C. Maak seker die oondrak is in die middel van die oond. Sif meel, bakpoeier, sout en suiker saam. Klits eier, vanieljegeursel en melk saam. Voeg gesmelte botter by. Voeg eier-en-melkmengsel by gesifte bestanddele. Meng deur, maar nie te veel nie. Voeg gekapte Bar One-sjokolade by. Skep gesmeerde muffinpanne tweederdes vol en bak vir 15 – 20 minute.