f7o8463
Bykos

Basiese glutenvrye brooddeeg

(Genoeg vir 1 groot brood)

• 10 ml sout
• 470 ml louwarm water
• 45 ml heuning
• 1 x 10 g sakkie kitsgis
• 500 g (1 000 ml) glutenvrye meel
• 255 g (500 ml) suiwer sorghum-meel

Plaas sout, water, heuning en gis in ’n elektriese menger se bak.

Gooi glutenvrye en sorghummeel by terwyl die menger loop tot ’n stywe, kniebare deeg vorm. Knie op medium spoed vir 8 minute of tot alles in een bal saamkom. Gooi ekstra sorghummeel by indien nodig. Plaas die deeg in ’n bak wat goed gesmeer is met olyfolie.

Bedek bak met kleefplastiek en laat rys deeg sowat 45 – 60 minute op ’n warm plek tot dubbel in volume.

KOMYNBROOD (FOTO BO)

Hier is iets eenvoudigs vir net so eet, roosterbrood of dalk vir toebroodjies.

(genoeg vir 1 groot brood)

Baktyd: 30 – 35 minute

• 
1 x basiese deeg
• 
20 ml komynsade
• 
ekstra sorghummeel vir uitrol

Verhit oond tot 180 °C. Sprinkel dun lagie sorghummeel op werkoppervlak en keer uitgerysde deeg daarop uit. Druk deeg plat tot sowat 1,5 cm dik. Sprinkel komynsade bo-oor en rol deeg stewig op in lang wors. Rol wors in stewige ronde bal.

Sif broodmandjie (sien bl. 118) met rogmeel en plaas deeg in mandjie. (As jy nie so mandjie het nie, kan jy dit ook in ’n ronde koekpan laat rys wat goed gespuit 
is met kleefwerende kossproei.) Laat rys 
op ’n warm plek vir sowat 20 – 25 minute of tot dubbel in volume. Spuit bakplaat goed met kleefwerende kossproei en 
keer gerysde brood versigtig uit mandjie op bakplaat.

As jy dit in ’n koekpan laat rys het, kan jy die pan direk in die oond plaas. Bak 30 – 35 minute of tot goudbruin en gaar.

WENK

Om te toets of ’n brood gaar is, 
moet dit hol klink as jy liggies onder die brood klop.

NOG UITHALER-GLUTENVRYE BROOD-RESEPTE IN DIE FEBRUARIE/MAART 2013 SARIE KOS (bl. 102 – 108)

Uithaler-glutenvrye resepteUithaler-glutenvrye resepte

Dié basiese deeg kan gebruik word vir allerhande resepte soos:

  • Saad-en-rosyntjiebroodrolletjies
  • Pancetta-en-olyfbrood
  • Aartappelfocaccia
  • Okkerneut-en-spekbrood
  • Komynbrood

TYD RAAK MIN! ONTHOU OM JOU SARIE KOS FEBRUARIE/MAART 2013 BY JOU SARIE KOS-VERSAMELING TE VOEG.


TEKEN IN OP SARIE KOS OM JOU GUNSTELING KOSTYDSKRIF OF IN JOU POSBUS, OP JOU REKENAAR OF OP JOU TABLET TE LEES