FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Diabeties

Basiese vanielje-kaaskoek sonder suiker

Een kaaskoek, 4 variasies

Spring weg met ons eenvoudige basisresep as jy een van dié 4 spoggerige kaaskoeke in jou eie kombuis wil optower. Dis boonop suikervry.

Gebruik dié basiese suikervrye kaaskoekresep vir die 4 variasies wat volg. Jy kan die kaaskoek ook net so eet sonder enige variasies. Pas net die porsiegroottes aan soos by elke variasie aangedui.

genoeg vir 10

• 200 g fyn amandels
• 45 ml kanola-olie
• 1 eierwit
• 450 g ricotta-kaas
• 450 g gladde laevet-maaskaas
• 40 g koekmeel
• 4 eiers
• 20 g suikerplaasvervanger (Canderel Yellow)

Verhit oond tot 180 ºC. Meng amandels, olie en eierwit saam tot gladde mengsel. Voer losboompan van 30 cm uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep amandelmengsel onderin pan en druk stewig vas met lepel se agterkant. Bak dié kors 8 – 10 minute of tot goudbruin. Haal uit oond en verlaag temperatuur tot 140 ºC. Plaas res van bestanddele in voedselverwerker en verpulp by hoë spoed tot gladde mengsel. Skep die vulsel in die voorbereide amandelkors en smeer gelyk. Plaas losboompan in ’n oondpan en vul die oondpan met kookwater tot op die hoogte van die vulsel in die losboompan. Plaas in warm oond en bak sowat 3 uur of tot gestol soos jellie. Verwyder uit oond en laat afkoel tot louwarm. Plaas in yskas en verkoel tot gestol. Verwyder ring en sit voor.

Hier is die variasies

Vanielje, sjokolade en lemoenkaaskoek
Gemengde bessies
Bittersjokolade-en-pistasie-kaaskoek
Grondboontjiebotter-kaaskoek

Grondboontjiebotter-kaaskoek

FOTO Donna Lewis