sr0905vetkoek
Gebak

Vetkoek

(sowat 8 vetkoeke)

Jy benodig

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 15 ml botter
  • 250 ml melk
  • sowat 500 ml sonneblomolie

Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarby in. Voeg melk by en meng goed. Verhit die olie. Skep ’n klein stukkie deeg in die warm olie om te toets of dit gereed is. As die deeg mooi stadig bruin braai, is olie reg.Onthou om die temperatuur laer te draai wanneer die vetkoek begin verbruin. Dit braai sowat 10 minute om dwarsdeur gaar te word. Dreineer op kombuispapier. Sit voor saam met botter en gouestroop.