sk08_4basil05
Bykos

Basiliekruid-brood

(’n brood van sowat 20 x 8 cm)

  • 250 g (450 ml) witbroodmeel
  • 250 g (450 ml) koekmeel
  • 5 ml sout
  • 10 g-pakkie kitssuurdeeg
  • 10 ml suiker
  • 315 ml warm water
  • 5 ml sonneblomolie
  • 125 g basiliekruid-pesto

Meng die witbroodmeel, koekmeel en sout in ’n groot mengbak. Gooi die suurdeeg en suiker by. Maak ’n holte in die middel van die mengsel en gooi die warm water in. Meng alles saam tot ’n deeg – gebruik jou hande. Haal die deeg uit die bak en knie vir minstens 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak. Plaas die deeg in ’n skoon mengbak en smeer sonneblomolie bo-op. Maak toe met kleefplastiek en laat op ’n warm plek tot dubbel die grootte rys. Wanneer die deeg tot dubbel die grootte gerys het, knie jy dit af. Rol of druk dit plat tot sowat 25 x 18 cm. Smeer die basiliekruid-pesto oor en rol die deeg op. Plaas in ’n gesmeerde broodpan van sowat 20 x 8 cm. Laat die deeg nou weer tot dubbel die grootte rys. Verhit jou oond tot 200 °C. Bak die brood vir sowat 30 minute. Klop bo-op om te toets of dit reg is: as dit ’n hol geluid maak, weet jy dis gaar.