sk08_2tuin03a
Gebak

Beesfilet met rooiwynsous

  • 1 beesfilet
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sap van 2 suurlemoene
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 °C. Smeer die filet in met die knoffel, suurlemoensap en olyfolie, en geur met sout en peper. Plaas dit op ’n roosterrak in ’n oondbak in die warm oond. Om die filet mooi pienk te kry: vir elke     500 g, bak vir 15 minute, plus ’n ekstra 15 minute.

Rooiwynsous

  • 250 ml goeie rooiwyn
  • 250 ml goeie beesvleisaftreksel
  • 60 ml botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Bring die rooiwyn en aftreksel in ’n kastrol tot kookpunt. Kook die sous af tot ongeveer 250 ml. Voeg die botter eetlepel vir eetlepel by en klits goed na elke byvoeging. Geur met sout en peper.

 

 

Om te drink

Upland naby Wellington se organiese 2003 Cabernet Sauvignon. Hulle maak ook organiese port en brandewyn.