sk0912beet02
Gebak

Beet-en-uie-tarte tatin

(6 porsies)

  • 8 klein bete
  • 30 ml olyfolie
  • 15 klein pekeluitjies, geskil
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml bruinsuiker
  • 45 ml water
  • 45 ml balsemasyn
  • 1 vel (400 g) blaardeeg
  • vars tiemietakkies

Verhit oond tot 200 °C. Kook beet tot sag. Dreineer en verwyder skille. Verhit olyfolie in ‘n pan en braai uie vir so 10 minute. Plaas uie en knoffel in oondroosterbak en sprinkel
suiker en water oor. Plaas in oond en rooster tot goudbruin en sag. Plaas beet ook in ‘n oondroosterbak en gooi asyn oor. Rooster vir sowat 20 minute. Haal uit en laat afkoel. Halveer die bete. Rangskik beet en uie in ‘n pan van so 20 cm – dit moet in die oond kan gaan. Bedek uie en beet met blaardeeg. Plaas in oond en bak vir sowat 35 – 40 minute. Die deeg moet lekker bros wees. Plaas ‘n bord bo-op die pan en keer om. Garneer met vars tiemietakkies.