sk08_4glutenvry02
Gebak

Beskuit (glutenvry)

(20 stukke)

  • 1000 ml (4 koppies) glutenvrye, verrykte bruismeel
  • 5 ml sout
  • 250 g botter
  • 125 ml suiker
  • 500 ml warm melk
  • 2 eiers

Verhit jou oond tot 180 ºC. Sif die meel en sout saam. Smelt die botter en suiker in ’n kastrol saam met die melk. Laat dit afkoel. Klop die eiers by die melkmengsel in. Voeg die mengsel by die meel en sout en meng goed. Druk in ’n gesmeerde oondpan van so 35 x 20 cm groot. Bak vir sowat 1 uur tot gaar. Haal uit die oond en laat afkoel. Sny in stukke en plaas op bakplate. Draai die oondtemperatuur af na 100 ºC. Plaas die beskuit oornag in die oond tot dit goed uitgedroog het.