Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Beste Bierbrood

Dis die gouste wat jy self ’n brood gebak gaan kry. As die deeg vir jou te styf lyk, maak maar ’n tweede bier oop en gooi ’n bietjie by (die res kan jy drink).

30 MINUTE
• 500 g (890 ml) bruismeel
• 5 ml sout
• 250 ml gerasperde cheddarkaas
• 1 blikkie (340 ml) bier

Verhit oond tot 180 °C. Meng meel, sout en gerasperde kaas saam in ’n groot mengbak. Gooi die hele bier by en meng goed. Sit meelmengsel in ’n gesmeerde broodpan van sowat 18 x 8 cm of twee klein pannetjies van sowat 14 x 7 cm. Bak vir sowat
30 – 40 minute, afhangende of jy 1 groot brood of twee kleintjies bak.

Wenke Nog bestanddele om by te voeg:
• Behou die kaas en voeg so
3 gekapte sprietuie by.
• Los die kaas uit en voeg 10 gekapte swart olywe en so 5 gekapte sondroogtamaties by.
• Behou die kaas en voeg so 125 ml fyngekapte biltong by.
• Behou die kaas, braai strepiespek wat in klein blokkies gesny is en voeg by.