Foto deur Mickey hoyle
SARIE KOS DES 13/JAN 14

Foto deur Mickey hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Gebak

Biltong-plaatkoekies

Gebruik groot stukke gesnyde, klam beesbiltong. Dit word saam met die plaatkoekies gebraai.
Sowat 14 plaatkoekies

• 115 g (205 ml) koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• knippie sout
• 3 eiers, geskei
• 340 ml melk
• sowat 28 stukke gesnyde klam biltong
• botter om plaatkoekies in te braai
• heuning vir voorsit

Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Klits eiergele en melk goed saam. Maak ’n holte in die middel van die meel en voeg eiermengsel by. Klits goed saam tot gladde beslag vorm. Klits eierwitte styf en vou versigtig in beslag. Smelt ’n klein stukkie botter in ’n pan op ’n matige warm stoofplaat. Skep beslag met groot lepels (ek het ’n opskeplepel gebruik) in die pan. Wanneer borreltjies om die rand van die plaatkoekie begin vorm, druk jy 2 stukke biltong op elke koekie. Keer versigtig om sodat biltong nie afval nie en braai aan ander kant tot mooi goudbruin. Haal uit pan en hou warm eenkant. Herhaal met res van beslag en biltong. Sit nou en dan nog botter in die pan. Sit plaatkoekies warm voor met heuning.