Micky Hoyle

Gebak

Biltongbroodjie

Sit die broodjie warm voor met botter. Dis byna ’n maaltyd op sy eie.
Genoeg vir 2 broodjies

• 280 g (500 ml) koekmeel
• 7,5 ml bakpoeier
• 5 ml sout
• 200 g fyn biltong
• 375 ml karringmelk
• 1 eier
• 60 g (65 ml) botter, gesmelt

Verhit oond tot 180 °C. Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Voeg biltong by en meng goed. Klits karringmelk, eier en gesmelte botter saam. Maak holte in middel van droë bestanddele en voeg karringmelkmengsel by. Roer goed deur. Spuit twee broodpannetjies van 14 x 7 cm elk goed met kleefwerende kossproei. Skep deeg in en sit pan in oond. Bak sowat 50 minute. Druk toetspennetjie in brood om seker te maak dis gaar – dit moet droog uitkom. Haal uit en keer versigtig uit op afkoelrak. Laat die warm broodjie eers effens afkoel voor jy dit sny.