Gebak

Bloubessie-kolwyntjies

(12 kolwyntjies)

  • 210 g (375 ml) koekmeel
  • 150 g (190 ml) suiker
  • 1 ml sout
  • 10 ml bakpoeier
  • 80 ml sonneblomolie
  • 1 eier
  • 80 ml melk
  • 250 ml bloubessies, bevrore of vars

versiersel

  • 1 x basiese roomkaasversiersel
  • 200 g bloubessies, bevrore of vars
  • ekstra versiersuiker vir oorsif

Verhit oond tot 200 °C. Voer kolwyntjiepannetjies met papierbakkies uit en spuit goed met kleefwerende sproei. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier in ‘n mengbak. Klits olie, eier en melk saam. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Vou bloubessies in. Skep mengsel in papierbakkies en plaas in warmoond. Bak vir 20 – 25 minute. Haal uit en laat afkoel voor jy dit versier.
Skep roomkaasversiersel op kolwyntjies en strooi bessies oor. Sif versiersuiker bo-oor.