Foto deur Mickey Hoyle
SARIE KOS FEB/MRT 2014

Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS FEB/MRT 2014

Gebak

Bobotie

Hierdie gereg is tradisioneel op ’n Maandag van oorskiet-Sondag-lamsboud gemaak. Oor die dekades heen is die resep al heelwat aangepas en deesdae word dit meestal met beesmaalvleis gemaak.
Genoeg vir 8 – 10

• 4 snye witbrood
• 300 ml melk
• 40 ml olyfolie
• 3 uie, gehalveer en in skywe gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 45 ml fyn appelkooskonfyt
• 1,5 kg beesmaalvleis
• 15 ml sout
• varsgemaalde swartpeper
• 15 ml masala
• 2,5 ml gemmer
• 2,5 ml fyn kaneel
• 15 ml fyn koljander
• 15 ml fyn komyn
• 10 ml borrie
• 4 eiers
• 300 ml melk
• 2 vars lourierblare

Verhit oond tot 180 ºC. Plaas snye brood met korsies in ’n bakkie. Gooi melk oor en laat week tot sag. Verhit olyfolie in ’n pan en voeg uie en knoffel by. Braai tot uie sag en deurskynend is. Voeg konfyt by en braai verder tot konfyt gesmelt het. Druk geweekte brood fyn met ’n vurk. Plaas maalvleis in ’n groot mengbak en voeg brood met melk by. Voeg gebraaide uie by. Meng goed. Voeg sout, peper, masala, gemmer, kaneel, koljander, komyn en borrie by. Meng baie goed deur. Vir my is dit die maklikste om sommer my hande te gebruik. Skep mengsel in ’n groot oondbraaibak. Maak bobotie gelyk bo-op. Klits eiers en melk saam en gooi bo-oor. Druk lourierblare in bobotie en bak sowat 1 uur in warm oond. Sit voor met atjar en ’n lekker tuisgebakte brood.