6 uur tuis, eet half 7

Boereworsrolletjies met ‘n vinnige smoor

(4 porsies)

Worsrolletjies

  • 1 vel blaardeeg
  • 350 g dun boerewors
  • 1 geklitste eier

Vinnige smoor

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties
  • 5 ml droë origanum
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200 °C. Sny deeg in lang stroke. Plaas boerewors in lengte in middel van deegstroke. Smeer rande van deeg met geklitste eier en vou toe. Sny elke strook in die helfte en vorm halfmane. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat en smeer weer met geklitste eier. Bak vir 25 minute tot gaar. Maak intussen die smoor: Verhit olie in ‘n kastrol en braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg tamaties by en geur met origanum, sout en swartpeper. Laat oop kook vir sowat 20 minute. Sit smoor en boereworsrolletjies saam voor.