sk1003teeparty03
Gebak

Bosbessietert

(6 – 8 porsies)

  • 300 g (500 ml) bosbessies
  • 500 ml water
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 80 g (140 ml) koekmeel
  • gerasperde skil en sap van 2 suurlemoene
  • 3 ml fyn neutmuskaat
  • 4 ml sout
  • 10 ml botter
  • 2 velle blaardeeg
  • 1 geklitste eier
  • 100 g bosbessies, om te versier

Verhit oond tot 220 °C. Bring bosbessies en water tot kookpunt. Meng suiker en meel, voeg ‘n bietjie van kokende vloeistof by en meng tot gladde pasta. Voeg res van bessie-mengsel by. Roer sap, skil, neutmuskaat, sout en botter by en laat heeltemal afkoel. Voer ‘n gesmeerde tertbak van sowat 6 x 20 cm met ‘n vel blaardeeg uit. Verf rand van deeg met geklitste eier. Skep vulsel in. Sny ‘n sirkel uit tweede vel en bedek vulsel daarmee. Druk rande opmekaar. Sny splete in deeg. Verf met geklitste eier. Bak vir 20 minute, verlaag temperatuur tot 190 °C en bak vir nog 15 minute. Sit voor met styfgeklopte room.