6 uur tuis, eet half 7

Botterskorsie-broccoli-frittata

(4 porsies)

  • 250 g botterskorsie, in klein blokkies gesny
  • 170 g broccoli, in klein stukkies gesny
  • 15 ml olyfolie
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 6 ekstra-groot eiers, geklits
  • 100 g fetakaas, gekrummel
  • varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 200 °C. Kook botterskorsie vir 10 minute. Voeg broccoli by vir laaste 5 minute. Dreineer groente. Verhit olyfolie in ‘n pan. Voeg knoffel en groente by. Braai vir sowat 1 minuut. Versprei groente oor basis van pan. Gooi eiers oor. Bak frittata tot eier begin stol. Sprinkel fetakaas oor en plaas in oond tot frittata heeltemal gestol is. Geur met swartpeper. Sit voor met slaai en brood van jou keuse.