Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Botterskorsie-en-sampioen tert

(2 PORSIES)
30 MINUTE

  • 200 g botterskorsie, in blokkies gesny
  • 250 g sampioene
  • 2 takkies tiemie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 45 ml botter
  • 1 rol broskors-deeg
  • 125 ml room
  • 2 eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Plaas botterskorsie, sampioene, tiemie, knoffel en botter in roosterpan. Plaas in
warm oond en bak vir 15 minute of tot sag. Plaas broskors op bakplaat wat met kleefwerende sproei
bespuit is. Skep gaar botterskorsiemengsel in die middel van die deeg en vou oorblywende rand om na binne. Meng room en eiers saam. Gooi bo-oor botterskorsie. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in warm oond en bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met slaai van jou keuse.