Bykos

Braaibroodjie

(vir 1 broodjie)

• 2 snye witbrood
• botter vir albei snye
• 4 snye sterk cheddarkaas
• sowat 3 tamatieskywe
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• sowat 3 uieringe (gewone of rooi-uie)

Smeer 2 snye witbrood – dis die lekkerste. (Jy kan wel ander brood gebruik, maar is dit so lekker?) Plaas 2 snye kaas op die een sny brood. Sit die tamatieskywe bo-op en geur met sout en peper. Plaas uieringe bo-op. Sit die ander skywe cheddarkaas op die tweede sny brood. Sit dit, kaas ondertoe, bo-op die eerste sny. Druk die twee snye styf op mekaar vas. Party mense bind die broodjie vas met ’n toutjie, maar as jy ’n toeklaprooster gebruik, hoef jy dit nie te doen nie. Wanneer jou kole reg is (nie meer té warm nie) braai jy die broodjies taamlik hoog bo die kole. Draai hulle elke nou en dan om om seker te maak die kaas smelt en die uie word effens sag. Braai bruin soos jý daarvan hou.