sk08_2poeding02
Gebak

Briljante bruintjies

(6 porsies)

  • 85 g (150 ml) meel, gesif
  • 20 g (50 ml) kakao, gesif
  • knippie sout
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 250 ml kookolie
  • 4 eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 100 g melksjokolade, in klein blokkies gesny
  • room of vanieljeroomys, om voor te sit

Verhit jou oond tot 180 °C. Meng al die bestanddele. Voer die onderkant van ’n vierkantige koekpan van sowat 20 cm x 20 cm met bakpapier uit en smeer die pan se kante en die papier. Giet die beslag in die pan en bak vir 20 – 30 minute. Dit moet nog lekker klam wees. Keer versigtig uit en sny in blokke. Sit voor met roomys, of room as jy dit verkies.