Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Bykos

Brosbrood

Vir hierdie heerlikheid móét jy botter gebruik. Dis van die botter dat brosbrood sy kenmerkende smaak kry.
Baktyd: 50 minute

  • 500 g (545 ml) botter, by kamertemperatuur
  • 200 g (240 ml) strooisuiker
  • 450 g (800 ml) koekmeel
  • 120 g (250 ml) mielieblom

Plaas botter en suiker in elektriese menger en room tot glad. Voeg meel en mielieblom by en meng tot deeg vorm. Haal uit en maak toe met kleefplastiek. Plaas in yskas vir sowat 30 minute. Verhit oond tot 150 °C. Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak. Gebruik ’n koekie-uitdrukker – jy kan self besluit hoe groot jy jou brosbrood wil uitdruk. Plaas op ’n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Plaas in oond en bak 50 minute. Haal uit en laat effe afkoel voor jy dit van die bakplaat afhaal. Hou koekies in lugdigte houer.