Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Brosbrood

(Sowat 7 stukke)

  • 500 g botter
  • 200 g (240 ml) strooisuiker
  • 480 g (860 ml) koekmeel
  • 120 g (250 ml) mielieblom

Verhit oond tot 150 ºC. Om dit vir jou makliker te maak om die botter en suiker te room, gebruik ’n elektriese menger. Room die botter en suiker saam tot lig en glad. Sif die droë bestanddele saam en voeg by die geroomde bottermengsel. Meng met jou hande tot ’n gladde deeg. Verdeel mengsel en druk in twee losboom-quichepannetjies van 12,5 x 35 cm. Prik deeg met vurk en plaas in oond. Bak vir 1 uur. Haal uit en sny broskoek in elke pannetjie in 7 stukke. Laat afkoel voor jy dit uithaal.