sr1211hoofkos
Gebak

Brownie-koekies met witsjokolade

(genoeg vir 12)

  • 450 g donkersjokolade
  • 60 ml botter
  • 4 eiers
  • 285 g (340 ml) strooisuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 70 g (125 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 x 100 g-pakkie sjokoladesplinters

Vulsel

  • 125 ml room
  • 200 g witsjokolade, fyngekap
  • 100 g (110 ml) sagte botter

Verhit oond tot 180 °C. Plaas sjokolade en botter in middelslag-glasbak. Bring pot met water tot kookpunt, plaas bak bo-op en roer tot gladde mengsel. Klits eiers, suiker en vanielje saam in aparte bak. Gooi sjokolademengsel by en meng tot gladde mengsel. Voeg koekmeel en bakpoeier by.Meng goed. Voeg sjokoladesplinters by en meng deur. Plaas in yskas vir 30 minute. Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Skep lepels vol van mengsel op bakplaat, sowat 2 cm uitmekaar. Bak vir 12 – 15 minute of tot bokant bros is. Laat op bakplaat afkoel tot gestol. Vulsel Bring room tot kookpunt en gooi bo-oor gekapte sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Klits botter tot lig en romerig met elektriese handklitser. Gooi afgekoelde sjokolademengsel by terwyl jy klits. Plaas in yskas tot koud en gestol. Skep lepels vol van mengsel op helfte van brownie-koekies. Plak elkeen toe met ongesmeerde koekie. Sit voor.

  • Magda Coetzee

    Ek het die koekies gemaak met Lindt sjokolade, was baie ryk en bietjie te luuks vir my. Sal volgende keer dit maak met helfte donkersjokolade en helfte melksjokolade. Maar lekker verby!!!! Dankie