Gebak

Camembert-en-prei-quiche

Deeg

  • 200 g meel
  • 2 ml sout
  • 100 g ongesoute botter, in blokkies gesny
  • 4-6 eetlepels koue water

Plaas die meel, sout en blokkies botter in ‘n voedselverwerker. Meng tot die botter goed in die meel ingewerk is. Voeg die water by en tot ‘n deeg. Maak die deeg met kleefplastiek toe en sit dit vir omtrent ‘n halfuur in die yskas. Rol die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak uit. Voer ‘n tertbak uit met die deeg.

Vulsel

  • 20 g botter
  • 225 g sampioene, in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 4 preie, in skywe gesny
  • 2 x 200 g van Fairview se camembertkaas
  • 100 g gevulde groen olywe, in die helfte gesny
  • 3 eiers
  • 400 ml room
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Smelt die botter in ‘n pan en braai die sampioene, knoffel en preie tot sag. Laat effens afkoel. Versprei die mengsel op die deegkors. Sny eers die camembertkaas in skywe en plaas bo-op, gevolg deur die olyfhelftes. Klits die eiers en room saam. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en gooi oor die vulsel. Bak vir 30-45 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C tot gestol. Sit warm of by kamertemperatuur voor.