Gebak

Cappuccino-kolwyntjies

(12 kolwyntjies)

Volg aanwysing vir basiese resep se beslag. Roer koffie by. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy die kolwyntjies versier. Klop room en suiker tot stywe punte vorm. Skep op kolwyntjies en sif kakao oor. Gebruik ‘n stensil en sif mooi patrone op koekies met kakao.