Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS OKT/NOV 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012

Gebak

Chorizo-empanadas

(6 – 8 porsies)

  • 225 g (400 ml) koekmeel
  • 5 ml sout
  • 120 g botter
  • 45 ml yswater
  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 400 g hoenderborsies, in growwe stukke gesny
  • 225 g chorizo-wors, in ringe gesny
  • 1 brandrissie, fyngekap
  • 5 ml gerookte paprika
  • 1 x 400 g-blik tamaties, fyngekap
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 eier, liggies geklits

Verhit oond tot 180 °C. Plaas koekmeel, sout en botter in voedselverwerker en verwerk teen hoë spoed tot die tekstuur van fyn broodkrummels. Voeg yswater by en verwerk tot alles in een bal saamkom. Laat rus in yskas terwyl jy die vulsel maak. Verhit olyfolie in ’n middelslagpan. Voeg uie en knoffel by en braai liggies tot goudbruin. Voeg hoender en chorizo by en braai tot begin verbruin. Voeg brandrissie, paprika, tamatie, sap en skil van suurlemoen by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 25 – 30 minute of tot romerige mengsel. Geur goed met sout en swartpeper. Laat afkoel. Rol deeg tot sowat 3 mm dik op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Sny ronde sirkels van sowat 12 cm uit. Skep lepels vol van mengsel op helfte van deeg. Vou ander helfte bo-oor en druk deegrand stewig vas. Verf met geklitste eier. Plaas op bakplaat uitgevoer met bakpapier en gespuit met kleef-werende kossproei. Bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.