Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS OKT/NOV 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Gebak

Crème Brûlée

Gebruik plat bakkies vir crème Brûlée. Jy kan dan meer van die brosserige karamel bo-op.
Baktyd: 45min.
(4 porsies)

  • 1 vanieljepeul
  • 450 ml room
  • 84 g strooisuiker
  • 5 eiergele
  • strooisuiker om bo-op te strooi

Sny die vanieljepeul met ‘n skerp messie oop. Sit dit in die room saam met die helfte van die strooisuiker. Verhit die mengsel tot net kookpunt. Gooi eiergele in ‘n bak en klits saam met die res van die strooisuiker tot lig en romerig. Voeg die roommengsel stadig hierby en klits goed. Verwyder die vanieljepeul, verdeel in bakkies en plaas in bain-marie (oondbak met water waarin jy die bakkies plaas). Bak vir 45 minute teen 150 °C. Laat afkoel en verder in die yskas stol. Besprinkel elke bakkie met ‘n dun lagie strooisuiker en karamelliseer die suiker met ‘n brander of onder die roosterelement. Laat afkoel en sit voor.