sk08_2poeding05
Gebak

Croissant-poeding

(6 porsies)

  • 6 croissants
  • 90 ml aarbeikonfyt
  • 3 eiers
  • 500 ml melk
  • 30 ml botter

Verhit jou oond tot 180 °C. Plaas ’n heel croissant vir elke persoon in ’n individuele oondvaste bakkie – jy kan natuurlik ook een groot bak gebruik. Maak 3 snitte bo-in elke croissant en skep ’n bietjie konfyt daarin. Klits die eiers en melk saam. Gooi ewe veel van die mengsel in elke bakkie en stip die botter bo-op. Bak vir sowat 30 – 35 minute.