FOTO Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Croque-madame-broodjies

4 – 6 porsies
25 minute

• 12 snye brood
• 60 ml botter
• 125 g ham-snye
• 200 g gruyère-kaas, gerasper
• 60 ml witasyn
• 6 eiers
• sout en varsgemaalde swartpeper
• slaai van jou keuse

Verhit oond tot 200 °C. Smeer brood met botter en plaas ham op 6 van die snye brood. Verdeel helfte van die kaas tussen die 6 snye brood en plaas tweede sny brood bo-op. Pak broodjies op bakplaat en sprinkel oorblywende kaas bo-op. Plaas in warm oond en rooster vir 10 – 12 minute of tot kaas goudbruin en gesmelt is. Terwyl die broodjies rooster, bring ’n pot met water tot kookpunt sodat dit stadig prut. Voeg asyn by. Breek eiers een-een in ’n koppie en gooi dan met een beweging in kookwater. Laat stadig posjeer: 3 – 5 minute vir sagte eiers of langer as jy dit fermer verkies. Skep eiers uit water met ’n gaatjieslepel. Sit broodjies voor met eier bo-op en slaai van jou keuse. Geur met sout en peper.

Het jy geweet?
Croque-monsieur-broodjies is soortgelyk, maar dit kry nie eier bo-op nie.