Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Gebak

Dadel-en-pekanneutbrood

My ouma het altyd dié broodjie as padkos vir ons gebak
(Genoeg vir 2 broodjies)

  • 500 g ontpitte dadels
  • 2 eiers
  • 45 g (50 ml) botter, gesmelt
  • 10 ml koeksoda
  • 500 ml kookwater
  • 675 g (1 125ml) glutenvrye koekmeel
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 100 g pekanneute
  • 200 g ontpitte rooi kersies

Versiersel

  • 100 g (190 ml) versiersuiker
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • water

Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele in groot mengbak en meng goed met houtlepel. Verdeel beslag tussen twee 15 x 10 cm-broodpannetjies. Plaas in warm oond en bak sowat 30 – 35 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel in pan en keer uit.

Versiersel
Meng versiersuiker en sap en skil van suurlemoen saam. Voeg genoeg water by om dik loperige versiersel te maak. Skep bo-oor broodjies. Sit voor.