Foto deur  Micky Hoyle

SARIE KOS FEB/MAART 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Gebak

Dadelblokkies

Iets lekker vir mense wat hou van ʼn nagereg wat nie te soet is nie. Dis maklik om te maak, maar dit kos nogal ʼn bietjie werk om die dadels te ontpit en op te kap – ʼn taamlike taai storie.
(sowat 20 blokkies)

  • 400 g vars dadels, ontpit
  • 100 g okkerneute of pekanneute, gekap
  • 100 g (110 ml) botter, gesmelt
  • 85 g (150 ml) koekmeel
  • bietjie mielieblom
  • 250 g mascarpone-kaas
  • sowat 50 g pistasieneute, grofgekap
  • 125 g frambose

Kap dadels baie fyn. Meng dadels, okkerneute en gesmelte botter goed. Voeg meel by en meng goed. Die maklikste is om jou hande te gebruik. Maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas, verkieslik oornag. Rol uit op mielieblom-bestrooide werkoppervlak en sny in diamantvorms. Skep ’n teelepel mascarpone-kaas bo-op en sprinkel pistasieneute oor. (Jy kan die mascarpone vervang met geklopte room.) Rangskik frambose op bord.

Wenk
As jy nie vars dadels kan kry nie, kan jy dit vervang met saamgeperste dadelblokke. Die dadelblokkies sal donkerder wees, maar steeds baie lekker. Ek het dit al menige keer só met die dadelblokke gemaak.