Gebak

Daisy die koei

(12 – 14 kolwyntjies)

Gebruik die basiese resepte vir vanielje-kolwyntjies en vanieljeversiersel, om al hierdie kolwyntjies te maak

  • groen voedselkleursel (hoeveelheid hang af van hoe groen jy die gras wil hê)
  • eetbare koeie-versierings (of ander plaasdiere)
  • 36 eetbare blommetjieversierings

Meng versiersel en kleursel. Skep versiersel in knoffeldrukker en druk uit – dit lyk soos gras. Sit bo-op kolwyntjies. Sit diere bo-op saam met 3 blommetjies. As jy nie sulke koeie kan kry
nie, koop sommer plastiekdiertjies by speelgoedwinkels. Dan het die gaste sommer ook elkeen ‘n geskenkie.