FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Gebak

Die beste brownies nóg

As die suikertand jou beetkry oor die naweek, bak hierdie heerlike brownies – ons wys jou stap vir stap!

• 350 g donkersjokolade
• 250 g (270 ml) botter
• 3 eiers
• 250 g (315 ml) bruinsuiker
• 100 g (180 ml) koekmeel
• 5 ml bakpoeier
• 100 g pekanneute, grofgekap

1. Verhit oond tot 170°C. Maak seker die oondrak is in die middel van die oond. Sny bakpapier in ’n strook van 10 x 35 cm. Plaas onderin vierkantige 22 cm-koekpan. Dit dien as handvatsels om brownies makliker uit pan te haal. Voer nou ook die kante van die pan met bakpapier uit.

Stap 1

Stap 1

2. Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Sit botter en sjokolade in ’n bak wat bo-op die kastrol pas. Plaas bak bo-op kastrol – maak net seker die water raak nie aan die bak nie. Skakel plaat af en smelt sjokolade en botter saam. Roer net so af en toe.

Stap 2

Stap 2

3. Klits eiers en suiker saam tot lig en romerig. Vou gesmelte sjokolade-en-bottermengsel by eiers in

Stap 3

Stap 3

4. Sif droë bestanddele saam en vou in mengsel. Vou neute in en gooi mengsel in koekpan. Plaas in oond en bak vir 50-55 minute. Daar sal ’n brosserige lagie bo-op vorm en die koek sal dalk vir jou nog effens rou lyk. Dít is wat brownies so lekker klam maak. As jy regtig onseker is, bak verder vir nog sowat 5 minute.

Stap 4

Stap 4

5. Laat vir rukkie in pan afkoel en haal versigtig uit. Sny in blokke.

Stap 5

Stap 5

  • Jaco

    Kan jul asb seker maak of daai tye reg is vir brownies. Het dit sopas probeer en dit het heeltamal verbrand en kirkdroog na 45 minute teen 170 Grade Celsius.

    Baie teleurgesteld!