Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Foto's deur Micky Hoyle & Donna Lewis

Gebak

Doilie-koekies

(sowat 20 koekies)

  • 125 g botter
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 150 ml gouestroop
  • 5 ml vanieljegeursel
  • knippie sout
  • 300 g (535 ml) koekmeel, plus ekstra meel vir uitrol
  • 1 x 100 g-sakkie fyn amandels

Verhit oond tot 180 °C.Room botter, suiker, stroop en vanielje met ‘n elektriese menger tot lig en romerig. Voeg sout, meel en amandels by.Meng tot ‘n sagte koekiedeeg vorm.Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkoppervlak. Rol koue deeg uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik ronde koekiedrukkers met kartelrande en druk koekies uit. Gebruik kleiner koekiedrukkers vir ander patrone. Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Sit koekies op bakplaat. Bak vir 12 – 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.

  • http://wihqmdmeijoo.com/ edhdleso

    K1pO42 esimfxduwvau, [url=http://xeurzfopapoi.com/]xeurzfopapoi[/url], [link=http://csxmqtddcjki.com/]csxmqtddcjki[/link], http://vadmifvqmzfj.com/

  • xnsmddnfy

    A1FKHO zkdvxvrmioub, [url=http://pbklvhibbvnz.com/]pbklvhibbvnz[/url], [link=http://agiogrbcldty.com/]agiogrbcldty[/link], http://radcmljbzcmu.com/