Foto deur Donna Lewis

Foto deur Donna Lewis

Gebak

Donkersjokolade-en-framboostert

Maak dié een met laervet-room – dit het minder vet as gewone room, maar die resep smaak net so lekker.

Genoeg vir 10
Baktyd: 20 – 25 minute
Stoltyd: 1 uur

  • 6 velle fillodeeg
  • 45 ml kanola-olie
  • 250 ml laervet-room
  • 300 g 70%-donkersjokolade, fyngekap
  • 300 g vars frambose (raspberries)

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n 3 cm hoë ronde 22 cm-koekpan goed met kleefwerende kossproei. Voer uit met een vel fillodeeg. Dit sal oor die kante hang, maar maak net seker die hele pan is goed uitgevoer, tot onder waar die bodem en rand bymekaarkom. Verf met olie en plaas tweede vel deeg bo-op. Herhaal tot al die fillo opgebruik is. Gebruik ’n skerp mes en sny die deeg wat oorhang netjies af. Voer pan uit met bakpapier en vul met rou rys of bone. Bak vir 15 – 20 minute. Verwyder papier en rys/bone en bak verder tot goudbruin. Laat afkoel. Verhit room tot kookpunt en gooi oor sjokolade. Roer tot gladde mengsel. Haal kors uit pan en plaas op opdienbord. Gooi vulsel in kors en laat stol in yskas vir sowat 1 uur. Pak bessies bo-op en sit voor.