Gebak

3-minuut-koek-koppies

Het jy ‘n suikertand? Maak koek-koppies in 3 minute – sjokolade, rooifluweel of grondboontjiebotter.

Jy ken daai gevoel: Jy lê al in die bed, en is lus vir iets soets. Maar dit is mos daai tyd van die dag wanneer daar nie ‘n enkele lekkerny in jou yskas of komkuiskaste skuil nie.

So, hier’s my eenvoudige oplossing vir aande soos dié: Koek-koppies wat jy binne 3 minute in die mikrogolfoond maak. Hier is my drie maklike resepte:

Liezl se resep

Grondboontjiebotter-koek-koppie

Grondboontjiebotter-koek-koppieGenoeg vir 2 koppies of 1 groot bakkie

  • 4 eetlepels bruismeel
  • 5 eetlepels suiker
  • 1 eier
  • 5 eetlepels melk
  • 3 eetlepels kookolie
  • 1 eetlepel kakao
  • 2 eetlepels grondboontjiebotter

Plaas alle bestandele in ‘n groot koppie en klits goed. Bak in die mikrogolfoond vir 2-3 minute. Smelt twee eetlepels grondboontjiebotter in die mikrogolfoond vir 1 minuut om ‘n sous te maak vir die heerlike koekie.

Rooifluweel-koek-koppie

Rooifluweel-koek-koppieGenoeg vir 2 koppies

  • 4 eetlepels bruismeel
  • 6 eetlepels suiker
  • 1 eier
  • 5 eetlepels melk
  • 3 eetlepels kookolie
  • 4ml kakao
  • 4ml rooi voedselkleursel
  • 3ml vanielje-geursel

Plaas alle bestandele in ‘n groot koppie en klits goed. Bak in die mikrogolfoond vir 2-3 minute. Die koek-koppie kan jy met ‘n skeppie roomkaas of room eet.

Sjokolade-koek-koppie

Sjokolade-koek-koppieGenoeg vir 2 koppies of 1 groot beker

  • 4 eetlepels bruismeel
  • 5 eetlepels suiker
  • 1 eier
  • 5 eetlepels melk
  • 3 eetlepels kookolie
  • 2 eetlepels kakao

Plaas alle bestandele in ‘n groot koppie en klits goed. Bak in die mikrogolfoond vir 2-3 minute. Geniet die koek met sjokoladesous. Smelt 6 blokkies donkersjokolade met 20ml melk in die mikrofolfoond vir 40 sekondes.

Komaan, troos daai suikertand!

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Klits-en-Klets Kok Volg my ook nou hier en kook saam:

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok