Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2013

Gebak

Droëvrugte-rolletjies

Dis ’n soort Chelsea bun van brooddeeg wat gevul word met o.m. rosyntjies, vrugteskil, botter en suiker.
10 rolletjies

• 1 kg winkelbrooddeeg
• 25 g (30 ml) botter, gesmelt
• 100 g gemengde droëvrugte
• 75 g (95 ml) sagte bruinsuiker
• 5 ml kaneel
• 60 g (120 ml) versiersuiker, gesif
• sowat 10 – 20 ml water

Stap 1.Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak, sowat 2 cm dik. Smeer botter oor met ’n kwas.

 

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Sprinkel vrugte, bruinsuiker en kaneel bo-op.

 

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Rol deeg in die lengte in ’n lang rol op.

 

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Sny 10 rolletjies uit en pak op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Plaas in oond en bak 40 minute. Meng versiersuiker en water tot glad. Haal rolletjies uit oond en laat effe afkoel. Bedruip met versiersuikerglaseersel en sit voor.

 

Stap 4