Gebak

Dubbelsjokolade-broodpoeding

(4 porsies)

  • 4-5 snye witbrood (jy kan ook piesangbrood, brioche of croissants gebruik)
  • 200 g donkersjokolade (Lindt Excellence 70%)
  • 50 g witsjokolade (Lindt Swiss Classic White)
  • 80 g botter
  • 400 ml room
  • 50 ml rum
  • 120 g suiker
  • 3 eiers

Sny die brood in blokkies en pak dit in ‘n diep oondbak. Smelt al die bestanddele, behalwe die eiers, in ‘n dubbele kastrol. Klits die eiers en voeg die gesmelte bestanddele stadig by terwyl jy deurentyd roer. Giet die mengsel oor die brood. Bedek die bak met kleefplastiek en sit oornag in die yskas sodat die brood al die vloeistof absorbeer. Bak teen 170 ˚C tot dit ferm en gestol is, maar steeds drillerig in die middel. Koel effens af en sit voor saam met roomys.