Gebak

Een-minuut-steaks met mozzarella-kaas

(25 minute – 4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 8 klein een-minuut-steaks (minute steaks)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 – 4 tamaties, in skywe gesny
  • 300 g mozzarella-kaas, in skywe gesny
  • 16 ansjovis-filette
  • bietjie gekapte pietersielie vir garnering

Verhit die rooster-element van jou oond. Verhit die olyfolie in ’n pan. Braai die steaks vir letterlik net 2 minute aan elke kant. (Onthou, hulle is baie dun.) Geur met sout en swartpeper. Plaas die steaks in ’n oondbak. Sit ’n skyf tamatie bo-op elkeen. Sit ’n sny kaas op die tamatie en vorm ’n kruisie op die kaas met twee ansjovis-filette. Plaas die stapeltjies onder die rooster-element tot die kaas mooi gesmelt het. Besprinkel met pietersielie en sit voor saam met slaai en lekker brood.