FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Gebak

Eier-en-ham-bakkies

(25 minute – 4 porsies)

• 15 ml olyfolie
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties
• sowat 6 vars basiliekruidblare, grofgekap
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 8 snye ham, grof gesny
• 4 eiers
• 15 ml pietersielie, gekap

Verhit jou oond tot 180 °C. Verhit die olie in ’n pan en braai die knoffel vir ’n paar sekondes. Voeg die tamaties by en kook onbedek vir 10 minute tot effens verdik. Voeg die basiliekruid by en geur met sout en peper. Verdeel die sous en die ham tussen 4 oondbakkies. Breek ’n eier versigtig bo-op elke bakkie en geur met nog sout en swartpeper. Garneer met pietersielie. Plaas die bakkies op ’n bakplaat en bak vir 12 tot 15 minute. Sit voor saam met jou gunsteling-brood.