Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Eiervrug-gebak

(4 porsies)

Sny 3 groot eiervrugte in sowat 1 cm-skywe. Plaas in groot bak koue water met sowat 30 ml sout (dit haal die bitter uit en maak dit sagter). Laat staan 30 minute en dreineer. Verhit 30 ml olyfolie in kastrol en braai 1 gekapte ui en 2 knoffelhuisies tot sag.Voeg 1 blik       (400 g) gekapte tamatie by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Voeg 3 ml droë gemengde kruie by. Laat prut sowat 30 minute. Droog eiervrug af met kombuispapier. Verhit sowat 40 ml olyfolie in pan en braai eiervrug (nie alles op een slag) tot bruin en sag. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Hou warm eenkant, en gooi nog olyfolie in pan tydens braaiproses indien nodig. Pak eiervrug in opdienbak en gooi tamatiesous oor. Sprinkel 50 g gerasperde parmesaankaas oor en sit warm voor.

  • http://www.brightestlight.me/ Brightest Light

    Gaan die een vanaand probeer!