Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

5 bestanddele

Feta-en-botterskorsie-pizza

(2 pizza’s)

  1. 800 g botterskorsie, in klein blokkies gesny
  2. sowat 100 ml olyfolie, asook sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  3. 4 uie, gehalveer en in skywe gesny
  4. 3 knoffelhuisies, fyngekap
  5. 4 sirkels feta-kaas, grofgekrummel
  6. gekoopte pizza-basisse

Verhit oond tot 200 ºC. Plaas botterskorsie op ‘n bakplaat en besprinkel met sowat 50 ml van die olyfolie. Geur met sout en peper. Plaas in oond en rooster vir sowat 15 – 20 minute tot sag en
effens bruin. Verhit sowat 30 ml van olyfolie en braai uie en knoffel tot effe bruin en sag. Verdeel die uie bo-op die pizza-basisse. Rangskik botterskorsie en fetakaas boop. Sprinkel res van olyfolie oor en plaas terug in oond vir sowat 10 – 15 minute.