Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Fillo-tert met botterskorsie en feta

(6 – 8 PORSIES)
30 MINUTE

  • 500 g botterskorsie, in blokkies gesny
  • 2 takkies roosmaryn, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 45 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 10 velle fillodeeg
  • 100 g botter, gesmelt
  • 4 wiele feta-kaas, in blokkies gesny
  • 1 ui, gekap
  • 250 ml room
  • 3 eiergele

Verhit oond tot 200 °C. Plaas botterskorsie op bakplaat saam met roosmaryn. Sprinkel knoffel en olyfolie oor en geur goed met sout en peper. Rooster vir 10 – 15 minute of tot byna sag. Verf fillo-velle met botter en plaas bo-op mekaar. Voer ’n 25 cm-tertpan met die fillo uit en sny die deeg wat oorhang af. Meng botterskorsie met feta en uie. Gooi hele mengsel in tertpan. Klits room en eiergele saam en gooi oor tertvulsel. Plaas in warm oond en bak vir 15 – 20 minute of tot gestol. Laat afkoel tot louwarm en sit voor met slaai.