sk08_4ekis1603
Gebak

Fillodeeg-murgpampoentjie-quiches

(sowat 14 quiches)

  • 4 velle fillodeeg
  • 100 g (100 ml) ongesoute botter, gesmelt
  • 45 ml botter
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 kg murgpampoentjies, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 300 g (750 ml) pecorino-kaas, fyngerasper
  • 250 ml room
  • 2 eiers

Verhit jou oond tot 180 °C. Berei die fillodeeg voor. (Bedek die deeg met ’n skoon, klam afdroogdoek en smelt jou botter. Plaas een vel fillodeeg op jou werksoppervlak en verf gesmelte botter daaroor met ’n kwassie. Plaas nou ’n tweede vel bo-op. Herhaal tot jy vier velle op mekaar het). Voer jou muffinpannetjies uit met die fillodeeg. Smelt die 45 ml botter in ’n pan en voeg die knoffel en gerasperde murgpampoentjies by. Braai vir so 8 minute. Die murgpampoentjies moet nog bros wees. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Gooi die murgpampoentjies in ’n mengbak en meng die pecorino-kaas deur. Klits die room en eiers saam. Vul die deegbakkies driekwart vol met die murgpampoentjie-vulsel en gooi die eier-en-roommengsel oor. Bak vir so 30 minute tot gestol. Bedien warm of by kamertemperatuur.