Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Gebak

Fillodeeg-pakkies met ricotta-kaas-en-sampioene

genoeg vir 4 (9 pakkies)

  • 15 ml botter
  • 250 g wit sampioene, in skywe gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 g ricotta-kaas
  • hand vol vars basiliekruid, fyngekap
  • 1 eier, geklits
  • 6 velle fillodeeg
  • 100 g botter, gesmelt
  • 125 g rooisoetrissie-pesto

Verhit oond tot 200 °C. Smelt botter in pan. Braai sampioene en knoffel tot sag. Geur. Sit ricotta-kaas in bak en voeg sampioene, basiliekruid en eier by. Geur. Meng goed deur. Plaas een vel fillo op werkvlak en smeer met botter. Plaas nog een vel bo-op. Verdeel deeg in drie lang stroke. Skep vulsel op ’n punt van een strook en vou dit toe, al langs die strook af tot net ’n driehoek oorbly. Herhaal met res. Plaas op bakplaat en smeer gesmelte botter oor. Plaas in warm oond en bak vir 30 minute of tot goudbruin en bros. Sit voor saam met rooisoetrissie-pesto.