Gebak

Focaccia-pizza

(4 porsies)

  • 4 focaccia-brode
  • 500 g mozzarella-kaas, gerasper
  • 200 g klein rosatamaties, gehalveer
  • 250 g klein geel kersietamaties, gehalveer
  • 100 g salami, geskeur
  • hand vol basiliekruidblare, grofgebreek
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • olyfolie, om oor te sprinkel

Verhit oond tot 220 °C. Plaas focaccia-brode op bakplate. Strooi kaas oor en rangskik tamaties en salami bo-op. Sprinkel basiliekruid oor en geur met sout en swartpeper.  Sprinkel ‘n klein bietjie olyfolie oor en bak vir sowat 15 minute. Wenk: Los bloot die salami uit vir ‘n vegetariese pizza.