sk09010muffins01x
Gebak

Framboos-kaaskoek-muffins

6 groot muffins

  • 175 g roomkaas
  • 250 g (315 ml) suiker
  • 3 eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 80 g (90 ml) botter
  • 125 ml melk
  • 15 ml bakpoeier
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • knippie sout
  • 125 g frambose (raspberries), bevrore of vars

Verhit oond tot 200 °C. Smeer muffinpanne of voer uit met bakpapier. Room die roomkaas met ’n kwart van die suiker, 1 eier en helfte van die vanieljegeursel tot glad. Hou eenkant. Smelt botter, melk en orige geursel saam in ’n kastrol. Laat afkoel en klits oorblywende 2 eiers by. Sif bakpoeier, meel en sout saam. Voeg res van suiker by meelmengsel. Voeg botter-en-melkmengsel by en meng goed. Vou die frambose in – hou ’n paar uit om bo-op muffins te sit. Verdeel mengsel tussen muffinpanne. Die pannetjies moet driekwart vol geskep word. Verdeel roomkaasmengsel tussen hulle ­– skep dit bo-op elkeen. Plaas frambose bo-op (druk hulle ’n bietjie in). Bak vir 20 – 25 minute tot gaar. Haal uit en laat afkoel