Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS Augustus/September 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

Gebak

Framboos-omelet

Resep deur Tanya Pöhl

Genoeg vir 1

• 100 g witsjokolade
• 125 ml room
• 125 g vars frambose
• 40 g (50 ml) strooisuiker
• 3 eiers, geskei
• 1 ml vanieljepoeier
• 25 g (30 ml) strooisuiker
• knippie sout
• 25 g (30 ml) botter
• versiersuiker om bo-op te sif
• 125 g vars frambose vir voorsit

Verhit oond se rooster-element. Smelt sjokolade en room in mikrogolf en hou eenkant.Meng 125 g frambose en 40 g strooisuiker in ’n kastrol. Plaas op hitte en bring tot kookpunt. Laat prut so 6 minute. Haal af van hitte en hou eenkant. Klits eiergele, vanielje, helfte van 25 g strooisuiker en sout tot lig in ’n mengbak. Klits eierwitte tot skuimerig en voeg res van strooisuiker lepelsgewys by tot stywe punte vorm. Vou 2 eier-mengsels saam. Smelt botter in kleefvrye pan van 20 cm. Bak eiermengsel oor matige hitte in pannetjie tot bruin kors vorm op bodem. Plaas onder rooster-element tot goudbruin. Haal uit pan en vul met framboossous. Rol kante na binne en sif versiersuiker oor. Brand patrone op versiersuiker met verhitte metaalkebabstokkie. Sit voor met vars frambose en witsjokoladesous.