untitled_job_002
Gebak

Frans se wen-bobotie

(6 – 8 porsies)

  • 2 dik snye bruinbrood
  • 375 ml melk
  • 25 ml olyfolie
  • 10 ml botter
  • 2 uie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml kerriepoeier
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • 30 ml blatjang
  • 25 ml bruin asyn
  • 5 ml suurlemoensap
  • 15 ml Worcestersous
  • 15 ml borrie
  • 1 kg maer beesmaalvleis
  • 100 ml ontpitte rosyntjies
  • 100 ml amandel-splinters
  • 10 ml sout
  • 3 eiers
  • 8 klein lourierblare of suurlemoen-blare

Verhit oond tot 180 °C. Breek brood in stukkies en week dit in die melk. Verhit olie en botter in ‘n pan en braai uie en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg kerriepoeier en konfyt by en meng goed. Voeg blatjang, asyn, suurlemoensap, Worcestersous en helfte van borrie by. Druk melk uit brood, voeg brood by uie-mengsel en meng goed. Hou oorblywende melk eenkant. Voeg maalvleis, rosyntjies, amandel-splinters en sout by. Meng goed en braai oor lae hitte totdat die vleis net begin verkleur. Verwyder van stoof. Klits een eier en meng met maalvleismengsel. Giet in vuurvaste, gesmeerde bak. Rangskik lourier- of suurlemoen-blare bo-op bobotie en druk ‘n bietjie vas. Klits twee eiers met die oorblywende borrie en melk. Giet stadig oor bobotie. Plaas bak in oondpan. Giet water om bak in oondpan tot sowat twee derdes vol. Bak vir 1 uur. Sit voor met rosyntjiegeelrys.

  • Rynette van Vuuren

    Ai, ek het nou al die naaswenners se resepte gekry, maar sukkel om die Bobotie se 2 naas wenners se resepte op te spoor. Kan julle my asb laat weet waar kan ek dit opspoor op julle webpage?