FOTO: Micky Hoyle

Gebak

Franse baguettes

(8 BAGUETTES)

  • 1 x 10 g-sakkie kitsgis
  • 10 g sout
  • 20 ml heuning
  • 30 ml olyfolie
  • 660 ml louwarm water
  • 1 kg (1 785 ml) koekmeel

Plaas water, gis, sout, heuning en olyfolie in menger se mengbak. Gooi ²/3 van meel by en meng met deeghaak op matige spoed. Gooi laaste ¹/3 van meel geleidelik by en meng tot ’n stywe, kniebare deeg vorm. Verhoog mengerspoed en knie vir 8 – 10 minute of tot ’n elastiese, gladde mengsel. Plaas deeg in groot bak wat met sonneblomolie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rys op warm plek vir 30 – 40 minute of tot dubbel in volume. Knie af. Herhaal proses drie keer. Keer deeg uit op meelbestrooide oppervlak en sny in 200 g-stukke: Dis belangrik om die deeg te weeg sodat al die brode ewe groot is. Druk deegstukke effens plat en rol dan styf op, soos vir ’n rolkoek. Laat staan vir 10 minute en vorm die baguette so:

  1. Druk rolletjie effens plat. Vou boonste twee hoeke van deeg na middel dat dit lyk soos ’n huis se dak.
Stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Gebruik palm van hand en druk deeg weer plat. Vou huisdakkie dan oor in 1 cmbreë         vou. Doen dit 2 maal.

Stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3. Begin om deeg se bo-punt oor te vou na onder en dan die soom met jou handpalm stewig vas te druk. Hou so aan tot jy die hele oorblywende stuk deeg gerol-vou het. Verhit oond tot 220 ºC.

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4. Rol die wors met jou palms tot sowat 50 cm lank en rol die punte van deeg op om skerp punte te vorm. Plaas op bakplaat wat gespuit is met kleefwerende kossproei met deeg se soom na onder. Sif klein bietjie koekmeel booor baguettes. Laat rys op warm plek vir 25 – 30 minute of tot dubbel in volume. Gebruik ’n skerp mes of outydse skeermeslemmetjie (Minora) en sny 5 kepe bo-op uitgerysde brood. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin. Laat afkoel.

Stap 4

Stap 4

  • tania

    xxx