Franse melktert
FOTO: Donna Lewis

Franse melktert FOTO: Donna Lewis

Gebak

Franse melktert (Gâteau Basque)

Die amandelkors is ook baie lekker vir ander soetgebak.

genoeg vir 1

Kors

 

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 30 g (80 ml) fyn amandels
  • 7,5 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 165 g (180 ml) botter
  • 3 eiergele
  • 45 ml water
  • 5 ml vanieljegeursel

Vulsel

  • 130 g (160 ml) suiker
  • 20 g (45 ml) mielieblom
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 6 eiergele
  • 380 ml melk
  • 250 ml dubbeldik room

Kors Verhit oond tot 200 °C. Plaas meel, amandels, bakpoeier, sout, suiker en botter in voedselverwerker. Verwerk op hoë spoed tot goed gemeng. Meng eiergele, water en vanielje en voeg by meelmengsel terwyl menger loop en alles in een bal saamkom. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit. Voer ’n 25 cm-losboomkoekpan met bakpapier
uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Voer pan uit met ⅔ van die deeg en hou res eenkant.

Vulsel Klits suiker, mielieblom, vanielje en eiergele saam in mengbak. Bring melk en room
tot kookpunt. Gooi oor eiermengsel terwyl jy klits. Gooi mengsel terug in pot en roer met draadklitser oor lae hitte tot mengsel verdik soos witsous. Hou aan kook vir 5 minute terwyl jy roer. Gooi mengsel in uitgevoerde pan. Plaas oorblywende ⅓ deeg bo-op, druk
vas teen deegrand van die kors en sny deeg wat oorhang af. Bak by 200 °C vir 20 minute, verlaag na 180 °C en bak vir nog 15 minute. Laat in yskas afkoel tot
gestol. Haal ring af en sit voor.